Geskryf deur Otto Saayman
Hier in Suid Afrika is die gebruik van telekommunikasie verskaffers om vir data gebruik geld te vra en die konsep van data wat verstryk nou onder die kollig. Ons regering kyk nou hierna, so ek besluit toe ek sal my opinie ook lig.

Toe die internet in Suid Afrika ingekom het in die mid 1990s is die konsep om vir die verbruik van die internet gebore. Dial-up modems was die standaard vir meeste tuis gebruikers. Jy kon op die internet bly vir die koste van 'n foonoproep en 'n maandelikse subskripsie. Met die intrede van 'n R 7.00 maksimum oproepkoste na 7NM en op naweke het die gebruik van die internet vir lang tye op 'n slag finaal 'n realiteit geword. Vir my ten minste!

Die alternatief was om 'n DigiNet lyn te installeer, wat baie duur was. Net onder dit op die ranglys volgens prys was 'n toegewyde telefoon lyn, maar ek kon nooit een bestel nie. Glo my, ek het probeer! ISDN lyne het toe ingekom teen net bietjie duurder as 'n normale telefoonlyn en dit het die gemiddelde huishoudelike gebruiker in staat gestel om permanent aan die internet verbind te wees teen 'n vaste koste.

Gedurende die evolusie, dit was frustrerend stadig, het die idee om dieselfde bandwydte aan meer as een persoon te verkoop begin pos vat. Internet Dienste Verskaffers (IDVs) het duur DigiNet lyne laat installeer en het dan punte van teenwoordigheid opgestel vir mense om aan te verbind. Hulle stort dan duisende mense in een "poel" en los hulle om te baklei oor dieselfde bandwydte. Die IDVs het 'n toegang spoed na hulle verskaffer van 1 tot 2 megagrepe per sekonde, terwyl die getal poele of gebruikers tot in die honderde of duisende kan wees. Die met normale op-bel kan elk 56 kilogrepe per sekonde bydra, terwyl ISDN 64 kilgrepe per sekonde bydra en die ISDN gebruikers is permanent verbind.

Kan u die probleem hier raaksien? Net duskant 160 op-bel modem gebruikers sal al die bandwydte op 'n 1 MG bandwydte opgebruik by 'n IDV:

56 kilogrepe per sekonde x 160 gebruikers = 1.120 Megagrepe per sekonde

Soos hul kliënte meer geword het die IDVs nooit regtig die probleem effektief aangespreek nie en as 'n verbruiker was die beste taktiek om die verbinding spoed wat geadverteer word te verkry om net eenvoudig by 'n nuwe IDV aan te sluit. U sou dan een van 'n dosyn of twee gebruikers wees tot die hoeveelheid kliënte styg, daarna verdwyn die spoed.

Die probleem word toe nog erger toe ADSL ingebring is. IDVs kon toe nie die duur stroom-op bandwydte balanseer met die prys wat tuis verbruikers kon bekostig nie. Die oplossing was eenvoudig: Laat mense betaal vir die data wat hulle gebruik!

Soos karre op 'n snelweg verwys bandwydte na die hoeveelheid pakkette, net soos karre, wat op 'n gegewe verbinding geakkommodeer kan word, die snelweg. Net soos 'n spitsverkeer verkeersknoop, word die pakkette geforseer om te wag, of word hulle summier laat val wanneer die verbinding hulle nie kan akkommodeer nie.

Om dieselfde bandwydte aan te veel kliënte te verkoop word nou nog meer winsgewend, want die IDVs kan nou "tolgeld" vra vir die gebruik van die bandwydte en dit maak hul duur infrastruktuur eksponensiëel meer winsgewend.

Volgende was die konsep van "shaped" en "unshaped" internet verbindings. IDVs sal bandwydte waarborg in die vorm van 'n unshaped rekening, net soos lane op die snelweg wat gereserveer word, vir gebruikers wat 'n duur prys kon bekostig. Die res van die kliënte word eenkant gelos om te stry oor dieselfde bandwydte - shaped rekeninge.

Ek het dikwels groot lêers soos rugsteun lêers van 'n kliënt se webwerf, byvoorbeeld. Met honderde, of selfs duisend mense wat dieselfde verbinding probeer gebruik by die IDV word die pakkette vertraag en laat val, soos die verkeersknoop voorbeeld hier bo. Die groot lêer tel uit en kan nie afgelaai word nie. Die aflaai kan weer begin word, indien moontlik, maar kan die lêer bederf, so die beste is om die aflaai van voor af te begin laat in die aand wanneer minder mense aktief is. Die proses kan 'n paar keer herhaal word totdat die lêer finaal afgelaai is en bruikbaar is.

Dus het ek nou hoeveel keer betaal om dieselfde data tussen dieselfde twee masjiene oor te dra! IDV 1 - IGotAfrica 0. My bandwydte is opgebruik en ek moet nog koop. Iewers langs die pad het die IDVs besluit dat ek nie net vir die oordrag van data op 'n vaste verbinding betaal nie, ek het nou net 'n sekere tyd om dit te doen!

So ons eindig op in 2017 en IDVs moet nou uiteindelik antwoord vir die agterbakse besigheid model, of so hoop ons. Mens kan verstaan dat hulle terug baklei. Die vermoë om die prys model op die mark af te dwing en dan maatskappye op te koop wat vaste koste verbindings aanbied het goed gewerk. Die IDVs vertel ons dat die "oordrag van data voor beplan moet word" en so is die feit dat data wat verval regverdig kan word.

In watter heelal?! Bo en behalwe die feit dat die infrastruktuur wat die IVBs installeer slegs 'n klein persentasie van die data wat hulle verkoop kan dra, is die konsep dat ons moet betaal om data oor 'n verbinding waarvoor ons klaar betaal te dra belaglik. Dit is nie soos die snelweg wat konstant onderhoud en opgraderings nodig het nie. Die roeter en die toerusting wat ons gebruik om aan die IDV te verbind aan ons behoort, word die lyn wat ons gebruik maandeliks betaal. Al wat die IDV moet doen is om 'n kabel van my verbinding na hulle s'n verbind. Dis dit.

Data wat verstryk? Dis bedrog! As ek aan iemand 'n produk verkoop en dit dan nooit lewer nie gaan ek tronk toe! Dis nie asof die feit dat ek nie die data gebruik nie hulle sal keer om nog meer verbruikers op hul netwerk in te druk nie! Hulle stop nie hul bemarking wanneer daar genoeg verbruikers is om die beskikbare bandwydte te verbruik nie. Die data wat ek gekoop het verdwyn, maar die geld wat ek betaal het bly in hulle bankrekening!

Alle data pakkette moet onbeperk wees. Beperk my spoed, ek gee nie om nie. Laat my betaal vir toegewyde, of shaped bandwydte wat net vir my beskikbaar is, geen probleem. Ek sal meer betaal om 'n vinniger verbinding te kry. Dit maak sin.

En hier is die beste deel: Die kas bediener by jou IDV.

Kas bedieners is baie nuttig. Hulle word gebruik om bandwydte verbruik te optimaliseer in groot organisasies. Toe u die bladsy oopgemaak het het al die prente wat u sien, java skrip, HTML, CSS lêers wat gebruik word om die bladsy te wys is van ons web bediener afgelaai na u toestel en die data was van u verbruik rekening afgetrek by U IDV. U toestel het ook 'n kas sisteem. Al die lêers word op u toestel geberg. Die bladsy het 'n vervaldatum wat u toestel laat weet hoe gereeld die bladsy gaan verander. Wanneer u die bladsy herlaai, of u gaan iewers anders en kom terug sal meeste van wat u sien van die kas sisteem af gelaai word. Dis nou as die bladsy nie verval het nie of as u kas sisteem nie volgemaak is met ander bladsye soos u deur die wilde wye web blaai nie.

In groot organisasies word kas bedieners gebruik, soos genoem, om bandwydte verbruik te optimaliseer deur lêers wat gebruik word om web bladsye te wys vir almal in 'n kantoor te stoor. Wanneer ek die bladsy oopmaak en my kollega in dieselfde kantoor doen dieselfde sal die tweede persoon 'n vinniger spoed ervaar. Die lêers wat gebruik word kom van die kas bediener in ons kantoor af. Die kas bediener kyk of die bladsy nog nie verander het nie en wys dan die bladsy aan my kollega.

IDV's gebruik die tegnologie om hul rekeninge te optimaliseer. Hulle vra jou geld vir data verbruik op hulle netwerk. Agter hulle rekening sagteware is hul kas bedieners. Wanneer u die bladsy oopmaak betaal u vir al die data wat u afgelaai het van ons web bediener na u toestel. Wanneer 'n ander kliënt by u IDV hierdie bladsy oopmaak sal hulle betaal vir die aflaai van data vanaf die kas bedieners na hulle toestel. Die IDV gaan 'n stappie verder. Hulle ignoreer die vervaldatum van die bladsy. Hulle laai soveel data as moontlik op hulle kas bedieners en stuur dit na hul kliënte se toestelle ongeag van hoe oud die bladsye is en vra geld asof al die data van die internet afgelaai is.

Dit forseer mense soos ek, wat web werwe bou, om "cache-busting" tegnieke te gebruik om seker te maak dat die bladsye wat u sien die nuutste weergawe van die web blad is. As ons dit nie gedoen het nie sal u byvoorbeeld u internet bank webwerf oopmaak en iemand anders se bankbesonderhede sien. U sien partykeer die "this is not me" funksie om sommige web blaaie. Hulle weet u kyk dalk na 'n bladsy wat op die kas bediener lê en nie die ware weergawe vanaf die web bediener nie wat u nounet voor betaal het nie.

Ek sou geen probleem gehad het met hierdie gebruik van kas bedieners op onbeperkte verbindinge nie. Hulle sou mal gewees het om dit nie te doen nie. Om verbruikers vir "internet gebruik" te laat betaal om dieselfde inhoud van hulle eie netwerk af te laai? Dis krimineel.

Related Searches: data usage, expiring data

Kommentaar

Rock DjAnand

How to disain

Gepos: 18 November 2017 11:13:23
Data wat verval en betaal vir data gebruik
Your IP address has been recorded as 34.228.168.200. Session reference aa666c03-0ad4-4535-9b06-fa1df4770268.