'n Eenvoudige gids vir reaktiewe web ontwerp. Ek het besluit om 'n paar skakels hier bymekaar te maak wat ander ontwikkelaars en webwerf ontwerpers kan help.

Reaktiewe of mobiel eerste ontwerp is verskriklik belangrik in vandag se wêreld. Die gebruik van slim fone en ander mobiele toestelle groei eksponensieel regoor die wêreld. Dit beteken dat u webwerf reg moet wees vir die klein skerms en raak invoer van die tipiese mobiele toestel. In die verlede was die klem vir webwerf uitleg om die beste gebruik te maak van groot skerms op rekenaars en skootrekenaars.

Die nuwe benadering is besig om momentum te bou en is nou die beste manier van doen vir web gebasseerde sagteware en webwerwe. As dit nie goed lyk op 'n mobiele foon nie, is dit nie 'n goeie webwerf nie.

Wanneer die doel om 'n webwerf aan gebruikers voor te stel op 'n mobiele foon is daar die twee hoof benaderinge:

  1. Bou 'n aparte mobiel vriendelike webwerf
    Hierdie was vir die afgelope 10+ jaar die benadering. Gebruikers wat 'n webwerf of web gebasseerde sagteware deur blaai word na 'n aparte webwerf gestuur wat spesifiek vir mobiele toestelle ontwikkel is.
  2. Bou 'n reaktiewe webwerf
    Die webwerf se inhoud skuif en hervergroot intelligent na gelang van die grootte van die gebruiker se skerm. Hierdie benadering is baie meer koste effektief, maar dit vereis 'n ontwerp wat met die raktiewe tegnologie kan saamwerk.

Dit het 'n nuwe probleem veroorsaak. Profesionele web ontwerpers moes nou die konsep onder die knie kry. Die ontwerp is nie staties so tradisionele web ontwerp prinsiepe moet gekombineer word met die moontlikhede van reaktiewe webwerwe in gedagte. Afdelings van 'n blad kan byvoorbeel verskuil en vertoon word na gelang van die wydte van die gebruiker se skerm. Sodra die konsepte bemeester word kan die resultate alles wat vantevore moontlik wys ver verby skiet.

Ons het 'n paar hulpbronne hier saamgebring om u te help om die uitdagings wat met die ontwerp van 'n reaktiewe webwerf gepaard gaan te verstaan:

Kontak ons gerus vir meer inligting.

Kommentaar

Reaktiewe Webwerf Ontwerp Konsepte
Your IP address has been recorded as 3.23.101.60. Session reference e2bb23a8-a412-460d-ba88-0a5b7d708a81.